Search This Blog

Monday, 19 August 2013

My eerste praktiese onderwys

My naam is Jehan Allie. Ek is neentien jaar oud. Ek studeer by CPUT en dit is me eerste jaar. Ek het verlede week my eerste praktiese onderwys gedoen. Dit was harde werk maar ek het elke oomblik geniet.

Daar was nie 'n dag van verveeldhied nie. Die klein kinders het elke dag aangenaam gemaak. Hulle was baie oulik. Hullle het vir my briefies geskryf en vir my blomme wat hulle buite gepluk het gegee. Hulle het my baie belangrik laat voel en hulle laggies was hartroerend.

Dit was interessant om hulle dop te hou terwyl hulle gespeel het. Dit was wonderlik om waar te neem hoe hulle intellektueel groei en ontwikkel.
Ek is baie gellukig met my studie kuese. Daar is niks anders wat my so vol vertroue sal laat voel nie.