Een dag het 'n leerder sy vinger in 'n proefbuis gedruk. Natuurlik het dit vas gesit. Ek het geweet dat daar iets snaaks in die klas was toe ek die kinders sien en, stulletjies lag. Die kind se vinger het net witter geraak voor my oe.
Ek het kalm gebly en my lag in gehou. Ek het die vinger gewikkel maar dit kon nie uitgekom nie. Ek se toe vir die kind om seep aan te smeer en sy vinger in die water te hou.
Intussen het die klas uitgebars van die lag in die middel van my les.
Ek kon nie kwaad raak vir die kind nie want die uitdrukking op sy gesig was heeltemaal onskuldig. Hy was net ses jaar oud en hierdie soort van voorvalle sal nog baie plaasvind.
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. stulletjies - stilletjies
2. oë met 'n ë
3. ingehou - een woord
4. sê met 'n ê
5. heeltemaal - heeltemal